Thursday 17 July 2014





HELING


Weet julle nie dat julle die tempel van God is nie en dat die Gees van God in julle woon nie?  -  1 Kor. 3:16


Dink net!  Hierdie liggaam waarin ek woon, is ‘n tempel van God, en Christus woon in al sy glorie binne-in hierdie tempel.

Onder die invloed van sy hemelse liefde, werk al my selle, organe, spiere, en my hele senuweestelsel, in volmaakte harmonie saam om my liggaam gesond en sterk te maak.

Gods lewenskrag pols in my hart en vloei in my are, en die lig wat dit in my liggaam versprei, suiwer, hernu, herbou en voed elke sel.  Al hoe helderder skyn dit in my en deur my, werp alles uit wat nie van  Sy lig is nie, totdat daar niks oorbly wat die glans van hierdie stralende lig kan verdof nie.

Dit is ‘n verkwikkende, lewegewende stroom van energie wat my sterk en gesond maak, met genoeg energie om te doen dit wat ek moet doen om hierdie aarde ‘n beter plek te maak vir alles en almal wat daarop woon.  Dit is sy lig, liefde en krag wat immer in en deur my werk en straal, wat hierdie liggaam omskep in ‘n stralende tempel van God.


Gebed:  Gods, lewenskrag pols in my hart en vloei in my are.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: