Wednesday 1 July 2015





Here,

Ek besef dat  U op die oomblik
besig is om my reg te snoei
al is die snoeiproses self
nie vir my baie lekker nie –
dat  U die nuttelose takke
uit my lewe verwyder sodat
ek meer en beter vrugte
vir  U kan dra.
Vrugte wat sal hou.

Maak dit asseblief vir my moontlik
dat u vrugte van nou af in oordaad
in my lewe sigbaar sal wees.

Dankie dat ek deur die snoeiproses
naby die wynstok kan lewe.
Help my om elke dag
in U te bly,
want sonder U
kan ek niks doen nie.

Dankie ook vir u belofte
dat ek, wanneer ek in U bly,
mag vra net wat ek wil
en ek dit sal verkry.
Here, ek kom vra nou dat ek
in alles wat ek doen,
sê en dink, u dissipel mag wees
sodat die Vader daardeur
verheerlik kan word.

Amen

Uit Nina Smit Versameling  :  Veilig in God se Hand / In God se Omhelsing

  :  Dierbre Jesus @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



No comments: