Saturday 11 July 2015

Stralende Liefde





STRALENDE  LIEFDE


Die liefde doen die naaste geen kwaad nie.  Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.  -  Rom. 13:10


Waar ons onself ookal vandag mag bevind, sal ons geleenthede kry om God se liefde uit te straal deur ons glimlagte, ons aandag en woorde van bemoediging wat ons aan andere gee.

Deur ons hoflikheid teenoor ‘n winkelklerk, deur vir ‘n buurman- of vrou te waai of iemand wat alleen is, op te soek, straal ons die goeie teenoor hulle uit.  Selfs in ons eie huis, tussen ons familie, hou ons die gloed van Gods liefde stralend, deur die aandag wat ons aan elkeen van ons geliefdes gee.

God se liefde is ook wederkerig teenoor ons.  Net soos ons goeie luisteraars is, sal daar weer andere wees wat geduldig na ons sal luister in tye wanneer óns in nood verkeer.  Net soos ons belanggestel het in ander, sal die glimlagte en bemoedigende woorde ook daar wees vir ons wanneer óns dit nodig mag hê.  Dit is God wat dit so beskik.  Hy gebruik vir óns as sy engele hier op aarde.

Die liefde wat ons uitstraal teenoor andere, seën ook weer  vir ons waar en wanneer ons dit mag nodig kry.


Gebed:  Ek is stralend gelukkig, want my hart is gevul met God se liefde en ek wag opgewonde om dit te deel met my naaste.  Dankie Here Jesus, daarvoor!


~ Uit Daelikse Woord ~

  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!


No comments: