Saturday 11 July 2015

Verwag die Goeie





VERWAG  DIE  GOEIE


Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.  -  Hebr. 11:6


Geloof is van die úíterste belang wanneer ons bid – geloof dat God wél bestaan, dat Hy ons gebede hoor én daarop sal reageer.  Die antwoord op ons gebed mag egter ongesiens by ons verbygaan, as ons níé oplettend is én die goeie verwag nie!

Ons bid en wag in geloof op ‘n antwoord.  Hierdie houding maak van ons ‘n óóp kanaal waardeur God Sy seëninge op ons kan uitstort.

Ons mag miskien verwag dat ons gebed op ‘n sekere manier beantwoord moet word ...  Dan moet ons égter onthou dat God wéét wát vir ons, sý kinders, die heelbéste is, en op Sy éie wonderlike manier, op die régte tyd, sál Hy ons gebed beantwoord!  ‘n Antwoord wat tot ons hóógste  heil sal wees, want Hy kén ons, en wéét wat ons nodig het.

Met gelóóf as ons inspirasie, vás vertrouend op Sy liefde en wysheid in alles wat ons aangaan, is ons gereed om die góéie wat Hy aan ons gee, te ontvang.  Ons gedágtes, ons wóórde en ons dáde wys álmal dat ons gereed is om ons seëninge uit Gods Vaderhart van Liefde te ontvang en te geniet.


Gebed:  Ek bid en maak my gerééd om Gods genadegawe te ontvang – dankie dierbare Vader!


~ Uit Daelikse Woord ~




  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!