Sunday 10 February 2019

DIE DAG






DIE  DAG
Daelikse Woord 


Dit is die dag wat die HERE gemaak het.  -  Ps. 118:24


Watter soort dag sal vandag wees?  Die antwoord op hierdie vraag hang van mý af:


'n Gelukkige dag, want dit is die dag wat die HERE vir my gemaak het, my oë laat oopgaan het vanoggend en my laat asemhaal.

'n Dag waarop ek na binne reik en tyd máák om stil te wees sodat ek bewus kan word van my eenheid met GOD, en Sy nabyheid kan aanvoel.

'n Dag waarop ek na buitentoe uitreik na almal om my, in 'n gees van liefde, eenheid en begrip.

'n Dag van weet dat GOD in bevel is, dat Sý liefde my omring en omvou, en dat Sy lig en wysheid my die regte pad aanwys.

'n Dag van geloof, lof en dank.

'n Dag van krag, gesondheid en voorspoed, 'n dag om goedheid van alle kante te ontvang.
Watter soort dag sal vandag wees ... ??

Hemelse Vader, ek dank U dat vándag 'n dag is om vréúgdevol, vry, gelukkig en liefdevol te léwe;  'n dag om te deel en om te onthóú en te weet dat U mý Skepper en die Skepper van die hele wêreld en ál Sy mense is en U ons álmal liefhet.


*** Dit is die dag wat die HERE gemaak het - Op Ú Heer, leun ek op my pad van lig! ***


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




 


No comments: