Monday 18 February 2019

STAAN OP!






STAAN  OP! 
Daelikse Woord


Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.  -  Matt. 9:5


Die man was siek - hy was lam, en Jesus het vir hom gesê hy moet opstaan en huistoe gaan, en in Sy krag is dit presies wat daardie man gedoen het.

Wanneer ons Heer praat, wanneer Hy ons aanraak is daar níks wat ons níé in Sy krag kan doen nie.  Géén las kan ons meer bind nie, géén bedreiging kan ons meer bang maak nie, géén opoffering is te groot nie, as ons in Sý krag opstaan en loop nie.

En as Hy ons sou teëkom langs die pad, moeg en té moedeloos om één tree verder te gee, kom Sy boodskap helder en duidelik tot ons, "Stáán op, kind van die lig, en wandel in Mý lig.  Veilig in My liefde sal níks en níémand jou énige leed kan aandoen nie.  Sterk in My krag is jy tot álles in staat en géén uitdaging is só groot dat jy dit níé kan oorkom nie.

"Staan op en loop, en onthou Ek is élke tree van die weg aan jou sy, hier waar jy wandel in My líg, My líéfde en My krág op pad na jou Vader se Huis."


Gebed:  In Ú krag, Heer, staan ek op en ek lóóp!


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!





 


No comments: