Saturday 16 February 2019

KOMMUNIKEER MET GOD






KOMMUNIKEER  MET  GOD
Daelikse Woord


Die Here jou God is by jou ...  Hy is stil-tevrede in Sy liefde. 
- Sef. 3:17


Wanneer ek stil word in gebed, binne-in my diepste heiligdom van krag, kommunikeer ek met God.  Dit is in hierdie stil-tevrede tye wanneer ek ópnuut bewus word van Sy liefde ín my en óm my.
Terwyl ek praat, luister Hy, en as ek luister, lei Hy my.  Élke keer wanneer ek bid word ek opnúút gevul met lig, met liefde en krag, en die vreugde, wysheid, geloof en vrede wat daarmee gepaard gaan.  Ek besef hóé belangrik dit vir my is om gereeld te bid, daarom sonder ek élke dag 'n tyd daarvoor af.
Ek bid in stilte of ek bid hardop;  ek sing my gebede;  ek bid met woorde of sonder woorde;  ek bid deur vir God briewe te skryf, ek bid saam met mense of ek bid alleen.  My gebedstyd is nie in 'n vaste vorm gegiet nie.  Ek kan énige tyd, op énige plek, vir 'n oomblik of twee vinnig met my Heer kommunikeer in gebed.
Ek luister, maar terwyl ek wag op Sy antwoord, besef ek dat daar báíe maniere is waarop God met my praat.  Ek hou my oë en my ore wyd-óóp, en volg die leiding wat Hy my bied deur Sy Heilige Gees in my.


Gebed:  Dánkie Heer, vir U stil-tevrede liefde.  Ek is líéf vir Ú Here!!   Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!






 

No comments: