Monday 18 February 2019

VANDAG






🌱🌹🌱  Geloof begin waar God se wil bekend is en om te weet wat God se wil vir my en jou is, is dit nodig om 'n lewende en intieme gebedsverhouding met Hom te hê asook om in Sy Woord te delf en dit te ken. Sodoende stel ons ons gees oop vir die Heilige Gees om inspraak te gee wat die Vader se wil vir ons is. Ons moet seker maak ons ore en oë is geesgeopen. Wanneer die Heilige Gees saggies in ons binneste fluister moet ons dit aangryp en in geloof handel op dít wat die Gees van ons verlang. Mag jy in hierdie mooi dag die sagte fluistering van die Heilige Gees hoor en in geloof ag gee daarop sodat God se wil vir jou 'n werklikheid sal wees. Geseënde dag! 🌱🌹🌱
.
Via Wilene Wessels / WhatsApp
.
👣 As jy JESUS saamneem - sal jy ORAL veilig wees! 👣
.
❣️ Jesus Liefde❣️
.



No comments: