Tuesday 19 February 2019

STAAN OP!






GELÓÓF

Daelikse Woord


Daar is net ... één  GOD  en  VADER  van almal:  HY wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.  -  Ef. 4:4, 6


Ek gló en wéét my Heer is met my op ál my weë en onder álle omstandighede.

Wát ek ookal mag ervaar het in die verlede, Hy was dáár, en hoe duidelik sien ek dit nou hier waar ek terugkyk na die uitdagings én die oorwinnings van die verlede.  Hy was daar om my te beskérm en te léí, en met nuwe moed en durf te vul wáár en wánneer nodig.  Deur dit álles heen het ek ontwikkel en gegroei tot 'n méér volwasse, wyse mens.

Ek gló God is met my, nét hier waar ek nóú is.  Dit is *níé* nodig dat Hy op die een of ander tasbare manier vir my moet bewýs dat Hy hier by my is nie,  dat Hy my toevou in Sy ewige liefde en lei in Sy lig met elke tree van die weg wat ek moet gaan nie - want my *gelóóf* verséker my daarvan!!

Sy Heilige Gees gaan *vóór* my uit om my weg te beveilig, en met entoesiasme begroet ek élke nuwe dag, omdat ek *wéét*, dat met so 'n wonderlike Leidsman, werk álles vir my ten goede uit!


Gebed:  Ek  *GLÓ* dat U mét my is, Heer, *élke* tree van die weg!  Dánkie JESUS. Amen.


Geplaas deur:  Koningsdogters- en Seuns vir JESUS / Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




 


No comments: