Wednesday, 1 May 2013




WHEN MOTHERS STOP PRAYING


In Luke 7, Jesus observed a huge funeral procession in Nain. The entire town was present. He observed the young men and women weeping. He observed the pastors and apostles weeping. He observed the elders weeping. He observed the fathers weeping. He observed the children weeping.

He observed the sadness on people's faces. Nothing seemed to move Him, until HE SAW THE MOTHER.

The bible says He had compassion when He saw her and immediately raised her boy from the dead. (Luke 7:12-15). It was the cry of a mother that moved the Heart of God. Still today, Mothers who cry before the Lord for their families, for their marriages, for their homes move the Heart of God.

When Mothers stop praying their families (especially their children) perish. Satan gets a foothold and starts to destroy the home, yet when they return to their rightful place as the anchor of the home, demonic strongholds get demolished. In Psalms 17, 36, 57, 63, and 91 God's role is likening to that of a Mother.

As a Mother protects, upholds and defends her children, so does God also protect us under the shadow of His Wings . We find refuge there and can hide there until the danger is over. A mother's role is so vital that a father cannot get his prayers answered if he dishonours/ disrespects her (1 Peter 3:7). Because, of this favour over mothers, they are also the most attacked persons in the home. The devil is terrified of Mothers (the powerhouse in the home). Yet the Lord has put inside Mothers grace and resilience to overcome any situation. Today, As the woman of the home, consider yourself blessed. Consider yourself highly favoured and consider yourself dangerous when you pray!








Hemelse Vader,

Aan die begin van hierdie nuwe maand wil ek U loof
vir U goedheid.
Dankie dat ek in U kan glo,
dat U my liefhet en elke dag vir my sorg.
Ek wil dankie sê dat ek ‘n vrou is,
en dat daar 31 splinternuwe dae op my wag waarin ek
die lewe kan geniet saam met die mense wat ek liefhet.
Bewaar my van selfsugtigheid
sodat ek nie net met my eie dinge besig sal wees nie,
maar ook die nood van ander sal raaksien.
Gee vir my ‘n fyn aanvoeling
vir dié mense wat my nodig sal hê.
En, Here, as daar dalk in hierdie maand vir my swaarkrydae
voorlê, dankie dat ek kan weet:
U is by my, U sal my daardeur lei en vashou.
Gee vir my die krag om die elkedagse pligte
van vrouwees
uit te voer asof ek dit vir U doen,
sodat ek in hiérdie nuwe maand
elke nuwe dag met vreugde kan tegemoetgaan.

AMEN








GOD  GOOI  MY  SONDES  IN  DIE  DIEPSEE


Lees  -  1 Johannes  1:6-10


Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid  (1 Joh 1:9).

Gister het jy van al die “ou klere” in jou kas ontslae geraak.  Miskien was jy verbaas om te ontdek presies hoeveel verkeerde gesindhede en dade daar in ‘n mens se lewe is.

Sonde bring altyd skeiding tussen die mens en sy Skepper, maar ook tussen mens en mens en tussen die mens en die skepping.  Daarom moet jy as nuwe mens werk daaraan om ontslae te raak daarvan:  Gaan bely jou sondes, en God sál dit vergewe.  Miga 7:19 sê:  U sal al hulle sondes in die diepsee gooi. 
“Bekering” beteken letterlik “om jou na God toe te draai”.   Wanneer jy die Here aanneem en jou sondes bely, maak jy dus as’t ware ‘n U-draai na God toe.  Bekering is egter nie iets wat net een maal gebeur nie, jy moet élke dag na God toe draai.  Soos Paulus, sal jy vind dat jy daagliks moet stry.  Wanneer jy weer sondig, bely dit onmiddellik voor God – Hy sál jou vergewe.   Aanvaar dan sy vergifnis en gee die beheer van jou lewe opnuut aan Hom oor.

Gebed:  Hemelse Vader, ek bely vandag my sondes voor U.  U ken elkeen van hulle.  Dankie dat U elke keer bereid is om my te vergewe.

God trek ‘n kruis deur ons sondes en dink nooit weer daaraan nie.



Tuesday, 30 April 2013





‘N  SPLINTERNUWE  VROU

Lees – 2 Korintiërs  5:16-21

Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.  Die oue is verby, die nuwe het gekom.  Dit alles is die werk van God (2 Kor 5:17-18)

Wanneer  ‘n mens eers jou lewe aan Jesus oorgegee het, is jy nie meer dieselfde mens nie.  Jy is splinternuut, omdat jy ‘n kind van God is.  Soos ons aan die begin van ‘n nuwe seisoen dié klere wat ons nie meer wil dra nie uit ons kaste gooi, moet jy dan ook gaan sit en kyk of dié dinge wat jy gewoonlik doen, pas by die nuwe mens wat jy nou is.

Die meeste van ons is soms ongeduldig en word te gou kwaad vir ons kollegas, of is effens jaloers op ons vriendinne.   Hierdie gesindhede pas nie by ‘n Christen nie en mag nie meer ‘n plek in jou lewe hê nie.  Onderstreep Efesiërs  4:22-23 in jou Bybel:   Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het;  breek met die ou, sondige mens in julle ... Julle gees en gedagtes moet nuut word.

Onthou, jy sal nie meteens volmaak wees nie.  Heiligmaking is ‘n groeiproses.   Vra God om jou te help om ‘n nuwe mens vir Hom te word, om ‘n nuwe gees en nuwe gedagtes te hê.   Hy kán ‘n oorwinningslewe vir jou moontlik maak!

Gebed:  Here, maak my ‘n nuwe mens.   Dankie dat ek weet dat U dit vir my kán en wíl doen.

Van vandag af gaan ek soos ‘n nuwe mens lewe.


Monday, 29 April 2013





GOD  SIEN  JOU  RAAK


Lees – Psalm 32


Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg.  Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou  (Ps 32:8).


Miskien het jy nog kleuters in die huis oor wie jy elke oomblik jou oog moet hou.  Of tieners vir wie jy raad moet gee – raad wat hulle nie altyd gewillig is om te volg nie.  Vandag se teksvers sê vir jou dat God só sy oog oor jóú hou;  dat Hy só vir jóú ook wil raad gee.

Die Bybel verseker ons op só baie plekke van God se liefde en beskerming dat ons nóóit daaraan mag twyfel nie!  God self sê dat ons vir Hom kosbaar is (Jes 43:4);  dat Hy elke tree sien wat ons gee – of dit ‘n tree op die regte pad is óf op ‘n verkeerde pad (Job 34:21);  dat selfs elke haar op ons hoof getel is (Matt 10:30).

Ons God het ons so innig lief, Hy sorg en gee oneindig baie om vir ons.  Hy hou sy oog oor ons.  Hy wil ons leer hóé om te lewe.  Daarom kan ons ons in Hom verbly en oor Hom jubel en juig.


Dierbare Hemelse Vader, ek wil U loof vir u diepe liefde vir mý.  Baie dankie dat U oog op my is, dat ek vir U só baie kosbaar is. Ek verdien nie só ‘n volmaakte liefde nie.  Maak my oprég dankbaar daarvoor. Amen


Ek is só belangrik vir God dat Hy élke klein besonderheid van my weet goed of kwaad, of ek dit reeds gedoen het en of dit nog net in my gedagtes is.

(Die mees volmaakte antwoord wat die mens aan God kan gee, is ‘n lofsang).






Sunday, 28 April 2013





DIE LIG-LAS


My juk is sag en my las is lig.  -  Matt.  11:30


My las is lig, het Jesus gesê.  Nou wat het Hy daarmee bedoel?   Lig, soos sonder enige gewig, of ‘n lig wat helder skyn deur die las heen?

‘n Las is Lig wanneer ons die las omskep in ‘n goue trappie wat ons nog een tree nader Godwaarts lei.   In so ‘n las skuil ‘n bedekte seën, want ons kan nooit té veel lig kry op ons pad van lig nie – nooit té veel leiding op die pad wat vir ons maar vreemd is nie.  Daarom sê ons dankie vir elke Lig-las, al kan ons nie altyd die Lig so duidelik sien nie.   Dit is daar – soos dit ook binne-in ons is – Ons sien dit net nie met ons mense-oë nie!

‘n Las, egter, wat vir ons ‘n las bly, met ‘n juk wat ons al hoe meer grond toe druk, is ‘n straf.   Dus, ‘n Lig-las is ‘n seën – ‘n las-las is ‘n straf.  Maar nou kom die wonder.  Ons kan die las-las verander!  Ons hoef net stil te word diep in ons diepste heiligdom.   Sag en teer vat ons dierbare Heer dan ons hand in sy troue vaderhand – en skielik is daar geen las sonder lig nie – die juk is só sag!


Gebed:  Dankie, Heer, vir U juk so sag.


~ Uit Daelikse Woord ~










‘N  WENNER


Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.  -  Filip. 4:13  (OV)


Hoe heerlik die wete – met die wonder van Christus in my, kan ek ‘n wenner wees as ek Hom ken op al my weë, en Hom my eie maak, sodat Hy mý sy eie kan maak!

Net ‘n bietjie liefde is nodig om die liefde wat Christus is in my, te wees.

Net ‘n bietjie lig is nodig om die lig wat Hy is in my, te wees in hierdie wêreld wat nog so donker skyn te wees.

Net ‘n bietjie krag is nodig om te wees wat ek is in die Lig en die Liefde van Hom wat die ereplek in my hart beklee, Hy wat my ‘n wenner maak in wat ookal op my pad mag kom!

Nou waarom sê ons dan net ‘n bietjie?  Omdat Jesus vir ons gewys het wat gebeur as ‘n mens meer as net ‘n bietjie van die krag gebruik!  Géén uitdaging was vir Hom te groot nie – selfs die dood het Hy oorwin – daarom is ons in hierdie stadium tevrede met net ‘n bietjie!  En die wondere wat ons met net die bietjie ervaar – wie van ons ken dit nie?!


Gebed:  U in my en ek in U, wat ‘n wenresep!


~ Uit Daelikse Woord ~