Wednesday 1 May 2013





Hemelse Vader,

Aan die begin van hierdie nuwe maand wil ek U loof
vir U goedheid.
Dankie dat ek in U kan glo,
dat U my liefhet en elke dag vir my sorg.
Ek wil dankie sê dat ek ‘n vrou is,
en dat daar 31 splinternuwe dae op my wag waarin ek
die lewe kan geniet saam met die mense wat ek liefhet.
Bewaar my van selfsugtigheid
sodat ek nie net met my eie dinge besig sal wees nie,
maar ook die nood van ander sal raaksien.
Gee vir my ‘n fyn aanvoeling
vir dié mense wat my nodig sal hê.
En, Here, as daar dalk in hierdie maand vir my swaarkrydae
voorlê, dankie dat ek kan weet:
U is by my, U sal my daardeur lei en vashou.
Gee vir my die krag om die elkedagse pligte
van vrouwees
uit te voer asof ek dit vir U doen,
sodat ek in hiérdie nuwe maand
elke nuwe dag met vreugde kan tegemoetgaan.

AMEN





No comments: