Thursday 2 May 2013






GENIET  JOU  LEWE

(Lees – Prediker  11)

Ons laat só baie dae nutteloos by ons verbygaan.   Ons moet élke dag die beste uit die lewe haal.   Daar is só baie wat ons nog kan doen om onsself – en ander – te verryk.

Wat sou jy vandag doen as jy weet dat dit jou laaste dag op aarde sou wees?   Lewe elke dag ‘n lewe van dankbaarheid en toewyding.   Wees lief vir die mense wat na aan jou is;  luister na mooi musiek;  skryf ‘n gedig;  pluk armsvol blomme;  gaan stap langs die see;  doen die werk wat jy doen met lus.  Ontdek die lewe opnuut;  sien elke dag se moontlikhede raak en gebruik dit.  Maak vandag die beste dag van jou lewe!

Gebed:  Here, baie dankie vir elke nuwe dag wat U aan my gee.   Dankie vir die gawe van die lewe en dat ek gelukkig kan wees.

*Vandag is die beste dag van my lewe!*



No comments: