Thursday 2 May 2013






‘n Moeder is 'n geskenk van God ...................... ♥

Al die goeie bestandele gooi Hy in 'n pot

Hy roer en Hy roer; strooi van sy liefde oor

In die agtergrond sing 'n engelkoor

'n Ma se liefde straal uit soos die vroeëmôre son

Ons sal rond om die aarde vlieg vir ma as ons kon

Ons het 'n ma nodig soos ons daaglikse brood

Sy is altyd daar in ons diepste nood

Haar liefde lus ons ewige dors

Haar woorde vee weg ons hartseer frons

Haar moeders instink sien alles raak

Sy voltooi altyd haar moedertaak

Dankie Here vir die seën wat U vir my gee

My moeder help my om elke stap verder te tree

Soms, op die lewenspad het ons geskilletjies

Maar dit is maar net klein hobbeltjies

Ek kniel elke aand langs my bed 

Here, baie dankie vir hierdie groot geskenk

Daar is 'n stukkie van U in my ma

U liefde en kalmte omhels haar.


Amen 


1 comment:

CharlieW said...

Dis pragtig!!