Sunday 5 May 2013





WIE  IS  DIE  HEILIGE  GEES?


Lees – Johannes 16:1-15


Wanneer  Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei.   Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig  (Joh 16:13-14).


Die Heilige Gees is nie ‘n krag nie, maar  ‘n Persoon.   Hy is deel van die Drie-eenheid en is dus self God.  Ons weet dít omdat daar op verskillende plekke in die Bybel gebeure aan Hom toegeskryf word wat net deur God self gedoen kan word.

Ons weet die Heilige Gees is ‘n Persoon omdat daar in die Bybel na Hom verwys word met ‘n persoonlike voornaamwoord en omdat dié dinge wat van Hom gesê word net van ‘n persoon gesê kan word, soos dat ons Hom kan bedroef  (Ef 4:30);  dat Hy Jesus sal verheerlik  (Joh 16:14);  dat Hy van Christus getuig  (Joh 15:26), en dat Hy ons sal herinner aan wat Jesus gesê het (Joh 14:26).

Wanneer ons bid, kan ons dus die Heilige Gees as ‘n Persoon aanspreek – ‘n Persoon wat elke oomblik by ons is en ons nóóit alleen sal laat nie.


Gebed:  Heilige Gees, dankie dat U by my is, dat U in my woon en dat ek met U kan praat.  Leer my hoe om as ‘n Christen te lewe.


*Die Heilige Gees verheerlik Christus in my lewe.*



No comments: