Friday 3 May 2013





EK  IS


Christus is in julle,  Hy is julle hoop op die heerlikheid.  -  Kol.  1:27


Geliefde, wees stil en weet Ek is die Christus wat opgestaan het in die krip van jou hart – in die kern van jou wese.

Wees dit wat Ek is in die kern van jou wese, en jou liefde sal uitblom, jou lig sal skitterblink, jou krag sal oorneem en jou omskep in dít wat Ek is in die kern van jou wese.

Die geheim van hoe om hierdie grootse waarheid jou eie te maak en uit te leef, lê in jou stil tyd saam met My,  *elke dag*.   Wees net stil saam met My  -  *elke dag*  - en jy sal word wat Ek is in die kern van jou wese.   Jy sal Lig wees, en Liefde, ‘n ware opregte Ligwese.

Dis nie so moeilik nie – vat net My hand vroeg in die oggend en laat in die aand, en stil, sonder basuingeskal, sal jy stadig maar seker al hoe meer word dit wat Ek is in die kern van jou wese.

Dankie, dankie, dierbare Heer van my hart.  Ek sal doen wat U sê, en saam met U leef vanuit die kern van my wese, en doen en wees wat U verlang!


Gebed:  Hóé groot die wonder!  Christus leef in my hart!


~ Uit Daelikse Woord ~   





No comments: