Wednesday 8 May 2013





LIEFDE


Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.  -  2 Kor 13:13


Dierbare Heer, met my hele hart en siel glo ek in die krag van U liefde wat nou in en deur my werk en straal.  Dit heel en hernu my, en omdat ek glo in die krag daarvan, is ek ontspanne en ‘n heerlike gevoel van alles-is-wel, neem van my besit.  Ek is vry en het die krag om my God-gegewe talente en vermoëns uit te leef.

Dierbare Heer, dankie vir die lig van U liefde wat altyd in my en om my skyn.  Alles wat ek in hierdie lig doen, kry nuwe betekenis.   Ek sien hoe dit in en deur my skyn tot seën van elke mens en elke gebeurtenis in my lewe.

Dierbare Heer, uit die diepte van my hart dank ek U vir U liefde wat my hart tot oorlopens toe vul, wat in my en deur my vloei tot seën van my medemens en die ganse wêreld.  Waar U liefde heers, neem geluk en vrede oor.  Ek weet dit en ek glo dit.  My lewe verloop ordelik en alles is wel met my en met my wêreld.


Gebed:  Dankie Heer, vir die seën van U liefde.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: