Sunday 5 May 2013





Voordat jy vandag iets negatief en afbrekend vir jou medemens te sê het
 - dink aan iemand wat stom is.

Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos
- dink aan diegene wat niks het om te eet nie.

Voordat jy vandag kla oor 'n geliefde wat nie dink, sê en doen soos jy van hulle verwag nie
- dink aan iemand wat elke dag wens vir vriende of 'n lewensmaat.

Voordat jy vandag kla oor die lewe 
- dink aan 'n kind wat op 'n sterfbed lê.

Voordat jy vandag oor jou kinders kla en hul dalk onnodig verskree
- dink aan die wat begeer om 'Mamma' of 'Pappa' te hoor maar nooit die voorreg sal hê nie.

Voordat jy vandag baklei oor die deurmekaar huis of 'n onopgemaakte bed  - dink aan die mense wat op straat bly of onder rommel skuiling moet soek.

Voordat jy vandag kla oor die afstand wat jy werk toe moet ry of die verkeersknope - dink aan iemand wat geen vervoer het en werk toe moet loop.

Voordat jy vandag kla oor jou werk en hoe moeg jy is
- dink aan die werkloses of gestremdes wat 'n werk begeer.

Voordat jy daaraan dink om 'n vinger te wys of te oordeel
- onthou dat nie een van ons sonder sonde en tekortkominge is nie.

Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel - Sit jou hand op jou borskas en voel jou hartklop, glimlag dan en wees dankbaar vir die voorreg om te kan leef,


WANT die lewe is 'n geskenk en ons moet elke oomblik daarvan voluit en met passie aanpak. Wees Vrolik en Lag sonder ophou. Geniet elke oomblik daarvan en Gee baie liefde want God het hierdie lewe aan jou geskenk en die feit dat jy nog hier is, beteken dat jy nog iets vir iemand beteken, dat jou werk hier op aarde nog nie klaar is nie ... en onthou - Geloof maak alles moontlik en Liefde maak dit mooi.


Jesus Liefde ♥






No comments: