Sunday 5 May 2013






God se strykwerk................... ♥


Versigtig vou Hy die doek van begrip oop oor ons opgefrommelde lewens ,,,  die stoom van Sy liefde sproei druppeltjies deernis oor ons ... en terwyl Sy tere liefdeshande besig is ... hoor jy die refrein in Sy hart wat sê:  "Al beland jy ook 'n duisendmaal op hierdie strykplank ... jy is en bly My kind!


GEBED:  'n Opgefrommelde lewe Vader, voor U troon kom kniel ons nou neer.  Here, U sien alles in ons lewens raak tot in die fynste besonderhede, want U Here het ons in ons moederskoot aanmekaar geweef, U het ons  lewe fyn beplan.   Vader soms kom staan ons voor U, en dan voel dit ons ons lewe opgefrommel is.  Here en dan besef ons weereens, U stoom die liefde oor ons Vader, want dit maak nie saak of ons opgefrommel, vertrap of verniel is deur die lewe nie, in U oë verloor ons nooit ons waarde nie.  Want al gaan ons soms deur 'n dal van doodskaduwee, sê U ons moet geen onheil vrees nie!

Amen







No comments: