Tuesday 24 September 2013

GOD IS






Christus is in julle.  -  Kol. 1:27


God is Lig, Liefde en Krag – die drie-eenheid – dus is hy Seun, Christus, ook Lig, Liefde en Krag.  En as Christus in ons is, is ons ook Lig, Liefde en Krag.   Ware Ligwesens – ambassadeurs van God – sy hande en voete op hierdie aarde, en hoe nodig het Hy ons nie in die hierdie stukkende wêreld van Hom nie!


Hoe diep ons dank vir dit wat Hy ons in staat stel om te wees.  Ons lewe, beweeg en bestaan in Hom, en as ons Hom ken op al ons weë, en opreg is in ons strewe om te wees dit wat Hy is in ons, dan word ons omskep in Ligwesens, Liefdeswesens, Kragwesens, tot alles in staat deur Hom wat die Bron is, binne-in ons!


Om ‘n Ligwese te wees, is om ‘n intelligente wese te wees, met ‘n brein helder verlig in die lig van ons dierbare Hemelse Vader, ‘n liefdevolle wese met ‘n hart vol liefde, fier en sterk in sy krag wat ook ons krag is, getrou in ons gebede elke dag van ons lewe vir vrede.  Dankie Hemelvader, vir U lig in ons denke, wat ook ons gedagtes verlig, tot ons eie en ons wêreld se seën.


Gebed:  Ek is ‘n ware ligwese in Christus.



~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: