Saturday 21 September 2013

LEIDING





Soos ons die beeld van die stoflike mens was, sal ons ook die beeld van die hemelse wees.  1 Kor. 15:49


God het die mens na Sy beeld geskape, en hierdie beeld noem ons vandag *Christus wat in ons woon – ons hoop op die heerlikheid*.  Hoe méér ons Hom ken in ons lewe, hoe duideliker sal Sy beeld gestalte aanneem in ons lewe.  In dit wat ons dink en dit wat ons voel, in dit wat ons sê en in dit wat ons doen, weerspieël ons al hoe méér die wonder van Sy teenwoordigheid in ons en ons lewe.


Oomblik na oomblik leef ons vandag in die lig van Sy liefde en krag so eie aan ons.  Ons gedagtes word omskep in liggedagtes, en liefde word die grondtoon van alles wat ons doen en sê.  Hoe heerlik om die vensters van ons harte so wyd oop te maak tot seën van ons medemens, en wat ‘n voorreg om sóveel liefdesaadjies te kan plant in ander menseharte – saadjies wat, soos ons alreeds weet, slegs *vredeblommetjies* lewer, tot seën van ons land en sy mense.


Ek sien die lig van Christus skyn in my en *jou* hart en dit lei my van stralende oomblik tot oomblik!


Gebed:  Gods Lig lei *jou* en my van oomblik tot oomblik.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: