Saturday 28 March 2015

Die goeie sal seëvier





Die Here is goed…Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.
– Nah.1:7

In hierdie woorde lê ’n groot waarheid opgesluit en as ons daaroor nadink en dit bepeins, sal ons veel seën en bemoediging daarin vind. God is goed, en as Sy kinders, is ons almal deel van alles wat goed is. Alles wat eerlik en opreg is, is deel van die goedheid wat aan God behoort.  Regverdigheid en geduld en die gewilligheid om ander te verstaan en lief te hê is alles deel van die goeie, en ook deel van ons handeling teenoor en met ander mense.  Namate ons hierdie kwaliteite uitleef, en aldeur op die uitkyk daarvoor in ander is, bedink ons al meer die goeie en help ons om die goeie in ons eie lewens teweeg te bring.  Die goeie sal seëvier wanneer die mens geleer het om saam te leef in onderlinge vertroue;  wanneer hy geleer het om in harmonie saam te werk;  wanneer hy geleer het om saam te aanbid en om saam in liefde voort te leef en te ontwikkel. Dit sal inderdaad seëvier wanneer ons almal eerlik kan sê: “Ek is deel van alles wat goed is.”   En, as ons hierdie woorde besig, laat ons WEET dat dit reeds bewaarheid is, nie net vir een mens nie, maar vir alle mense…vir alle nasies.


Gebed:  EK IS DEEL VAN ALLES WAT GOED IS.


~ Uit Daelikse Woord ~


✉  deur:

Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God alleen die eer! / Soli Deo Gloria!


No comments: