Thursday 12 March 2015

KRAG





God is my sterkte;  aan Hom behoort ek vir altyd.  -  Ps. 73:26


Ons het seker almal al die ervaring gehad om voor ‘n skynbaar onoorkomelike probleem te staan, en dan skielik al die moed en krag te hê om dit te oorkom.  Waarvandaan en van wie kom hierdie grenslose krag?  Alle krag kom van God.

Wat ‘n vreugde en voorreg om dit wat ons maar alte dikwels vergeet het, te herontdek – die krag, energie en moed van Gods Heilige Gees binne-in ons!  Terdeë bewus van ons eenheid met Sy Gees en álles wat dit ons bied, kan ons met entoesiasme uitroep:  “Ek is stérk, gesónd, energiék en gelúkkig!”  Ons sê hierdie woorde, ons gló dit, en word opnúút bewus van ál die krag, sterkte, lewensvreugde én energie in élke deel van ons wese.

Ons is sterk, gesond, energiek en gelukkig!  Hierdie woorde weerklink dwarsdeur ons wese, en kom terug as ‘n stil dankgebed tot God, die Bron van al ons krag, gesondheid en energie.


Gebed:  Dankie Jesus, ek is sterk, gesond, energiek, gelukkig en in staat tot enigiets deur  Ú wat my die krag gee!


~ Uit Daelikse Woord ~


✉  deur:

Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God alleen die eer! / Soli Deo Gloria!

No comments: