Thursday 5 March 2015

Laat los laat God





Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. – Eks. 3:5 (OV)


Om op God te vertrou, is miskien nie so moeilik nie, maar om ons geheel en al los te maak van een of ander moeilike situasie, blyk nie altyd so maklik te wees nie. Oor en oor maal die omstandighede in ons
gedagtes, en die spanning bou op in ons gemoed. Hiervoor is daar maar net een antwoord, en dit is die antwoord en die oplossing wat ons kry diep in ons diepste heiligdom van krag – die plek waar ons ons skoene van ons voete moet aftrek. In hierdie heilige stilte saam met ons Heer, raak ons van alles wat so swaar op ons gemoed lê, ontslae. En as enige kommer oor die toekoms dreig om weer pos te vat in ons gedagtes, herinner ons onsself daaraan dat ons ’n ooreenkoms met God aangegaan het – en ons is dit aan Hom verskuldig om by daardie ooreenkoms te bly.

Ons vind rus vir ons siel as ons op Hom vertrou, en nie op mense en
omstandighede nie. Ons laat dus los en laat Sy vrede ons hart en gemoed binnevloei.


Gebed: EK LOS ALLES IN GOD SE HANDE EN SY VREDE HEERS IN MY GEMOED.



Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God alleen die eer! / Soli Deo Gloria!


No comments: