Thursday 5 March 2015

Gee in liefde





“Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.”
– Mark. 12:44.

In elkeen se lewe kom daar tye wanneer ons ’n innige behoefte om te gee, ondervind. Miskien is dit ’n geskenkie vir ’n vriend; miskien is dit vir ons kerk of een of ander saak waarin ons aktief belangstel.  Maar, soms het ons so min om aan te bied. Gepaard met die begeerte om te gee, kom daar ook die gawe om tot seën te wees. Hoe duur of hoe groot die
geskenk of bydrae is, is nie van belang nie. Wat wel van belang is, is die hoeveelheid liefde waarmee ons dit gee. Wat ons ook al met ander deel, is dit in liefde gegee en gedeel word, sal dit die waarde van die “goud, mirre en wierook” wat die drie Wyse Manne uit die Ooste aan Jesus se voete gelê het, aanneem.

As ons die drang om te gee ondervind, moet ons dit nooit onderdruk nie. Op die een of ander wonderlike manier vloei die stroom van mededeelsaamheid altyd in twee rigtings. Dit oorspoel beide die gewer
en die ontvanger met seënige wat gewoonlik ver verby die materiële waarde van die gawe strek. Die grootmoedige drang van ’n liefdevolle hart het ’n wonderlike krag om dinge te vermeningvuldig.


Gebed: EK GEE IN LIEFDE EN MY GAWE IS GESEëND.


~ Uit Daelikse Woord ~


.
Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God alleen die eer! / Soli Deo Gloria!
.

No comments: