Monday 23 March 2015

'n Gewillige Hart





“En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van joú vader ken en Hom dien met jou hele hart en met ‘n gewillige gemoed.”  -  1 Kron. 28:9


Dierbare Here Jesus Christus,

Vul my hart met Ú hemelse liefde, sodat ek o só gewillig is om God te dien – só gewillig is om elke dag te wandel in Ú lig, te bid en Ú te dien met hart, siel en gees saam met my Ligvriende en met oop oë en hande my naaste te dien soos en waar ek gelei word om te doen.

Heer, ek is só gewillig!  Maak my oë oop sodat ek kan sien waar Ú my wil gebruik – maak my ore oop sodat ek kan hoor wanneer Ú met my praat.

Soms, wanneer ek op die ingewing van die oomblik iets doen of sê wat later goeie vrugte lewer – dan wéét ek dit was Ú wat my aangespoor het om só op te tree.

Wanneer ek iemand teëkom wat gebuk gaan onder ‘n las te swaar om alleen te dra, is dit weer Ú wat die regte woorde in my mond plaas – woorde wat heel en troos, en lig bring in ‘n gebroke hart.
.
Gebruik my Heer, soos en waar Ú wil – ek is só gewillig om U te dien, dierbaarste Heer!

Hier is ek!

Amen


~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God alleen die eer! / Soli Deo Gloria!

No comments: