Thursday 5 March 2015

Wees hoflik





Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol,  goedhartig,nederig.
 – 1 Pet. 3:8


Ons veraangenaam die alledaagse lewe grootliks deur hoflik teenoor mekaar op te tree – te alle tye.  Hoflikheid is die sigbaargeworde liefde van God wat binne in ons woon. Deurdat ons die liefde van God deur bedagsaamheid en hoflikheid sigbaar maak, dra ons daartoe by om ander hulle waarde as kinders van God te laat besef. Deur bedagsaam en hoflik te wees teenoor ander, ontvang ons dieselfde behandeling
van hulle, en is ons almal geseënd. Gedurende baie besige tye in ons lewens, mag ons soms geneig wees om onverskillig en vinnig te handel of te praat, maar  laat ons gerus daaraan dink dat minsaamheid en bedagsaamheid die weg tot harmonie en orde aandui, en dat ’n bietjie hoflikheid almal tot seën is. ’n Klein bietjie bedagsaamheid werk kalmerend in op alles en almal, en stel ons instaat om die menigvuldige takies waarmee ons belas is, vreugdevol en gemoedelik af te handel. Dit maak nie net ons eie werk ligter en aangenamer nie, maar ook ander sin. En, wat ons aan die minste doen, doen ons aan die Meester.


Gebed: DEUR HOFLIK IN WOORD EN DAAD TE WEES, WORD DIE LIEFDE VAN GOD IN MY WEERSPIEëL.


~ Uit Daelikse Woord ~



Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God alleen die eer! / Soli Deo Gloria!





No comments: