Friday 20 March 2015

Sukses





Die Here sien die hart aan. - 1 Samuel 16:7 (OV)


Wat beteken sukses vir ons?  Dink ons dadelik aan voorspoed en welvaart en ‘n oorvloed van alles?  Maar dit is tog uiterlike standaarde – is dit regtig al wat tel? Is dit hoe God sukses sien?  Kom ons word stil voor die Heer van ons hart, en luister hoe HY sukses sien:


Elke keer as jy bid, is jy ‘n sukses.
Elke keer as jy in My glo, of in jouself, of in iemand anders, is jy ‘n sukses.
Elke keer as jy kommer-gedagtes vervang deur die waarheid van My werke in en deur jou, is jy ‘n sukses.
Elke keer as jy ‘n taak afhandel, tevrede dat jy jou heel beste gelewer het, is jy ‘n sukses.
Elke keer as jy iemand anders kan opbeur met ligbring-liefde vanuit jou hart, is jy ‘n sukses.
Elke keer as iemand uit die diepte van sy hart vir jou dankie sê, is jy ‘n sukses.


Onthou net, jy is ‘n kind van die lig op ‘n pad van lig, besig om geestelik te groei en te leer uit jou ervaringe, en met My altyd daar,  IS  jy ‘n sukses!


Gebed: Baie dankie, Here, dat U binne-in ons is en van ons ‘n sukses maak.


~ Uit Daelikse Woord ~


Koningsdogters vir Jesus  @ Facebook
Aan God alleen die eer! / Soli Deo Gloria!
.



No comments: