Monday 30 March 2015

God het my lief





  In God se Liefdesbriewe aan ons staan geskryf: “Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het:  Hy noem ons kinders van God en ons is dit ook.” 
(1 Joh. 3:1)  Is ons nie gelukkig dat God ons só lief het nie!   


Óngeag wát met my of óm my gebeur, één ding staan soos ‘n paal bo water:  *Gód het mý onvoorwaardelik lief!*
Daar mag egter tye kom wanneer ek voor kritiek te staan kom, en in plaas daarvan om positief daarop te reageer, laat ek toe dat dit my onwaardig laat voel – so asof niemand my meer liefhet nie.  *Níks* kan egter verder van die waarheid af wees nie, want ék is ‘n kind van ‘n Hémelse Vader en Hý het mý *onvoorwaardelik lief*!

Daar bestaan ook die gevaar dat ek heeltemal te krities teenoor mýself en my vermoëns staan, en dit skep dan ‘n minderwaardigheidsgevoel in my.  Om dít te verhoed, kyk ek met wáárdering na die dinge wat ek doen, hóé klein en nietig dit ookál mag blyk te wees.  Ék weet dat ek my bés doen, en my bes word elke dag al hoe béter.  Ek léér en ek gróéi op my eie pas en Páppa God help my om dit te doen!

As ek krities of gekritiseer voel, onthou ek onmiddelik dat daar  †* Iemand *†  is, wat mý onvoorwaardelik liefhet, nét soos ek is.

Dankie  †* Here Jesus *† dat U vir my so baie liefhet en tevrede met my is nét soos ek is.
.
.
✉  deur:
.
Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God alleen die eer! / Soli Deo Gloria!

No comments: