Monday 19 December 2016

Maria en Elisabet ♡










Maria en Elisabet


Kort nadat die engel, Gabriël, aan Maria verskyn het en haar meegedeel het dat sy swanger sal word en 'n seun sal hê, wat sy Jesus moet noem en dat Elisabet, haar familielid, ook swanger is op haar baie gevorderde ouderdom, het Maria haastig vertrek na die dorp waar Sagaria en Elisabet gewoon het. Sy is die huis in en het vir Elisabet gegroet. Met die geluid van Maria se groet, het die kindjie in Elisabet se skoot beweeg en Elisabet is met die Heilige Gees vervul.


 Sy het met 'n harde stem teenoor Maria uitgeroep: "Jy is bo alle ander vroue deur God geseën, en jou kind is geseënd. Wat 'n eer is dit dat die ma van my Here my besoek! Toe jy ingekom en my gegroet het, het my kindjie van vreugde beweeg die oomblik toe ek jou stem hoor! Jy is geseënd omdat jy vertrou het dat die Here sal doen wat Hy gesê het."


Uit Lukas 1



Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!









No comments: