Monday 19 December 2016

Josef & Maria oppad na Bethlehem ♡










(Josef en Maria gaan na Bethlehem om ingeskryf te word.)


“Geboorte van Jesus Christus

1
EN in daardie dae het daar ’n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.
2
Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was.
3
En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.
4
En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
5
om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.


Lukas 2: 1-5 – 1933/1953 Bybel Vertaling”


No comments: