Monday 19 December 2016

Maria word besoek deur die engel, Gabriël







Maria word besoek deur die Engel Gabriël


Ongeveer vier eeue het verloop sedert die Hebreeuse Geskrifte voltooi is. In ’n stad genaamd Nasaret, in die noordelike streek Galilea, het ’n jong vrou, Maria, ’n uiters verbasende besoek ontvang. ’n Engel met die naam Gabriël het aan haar verskyn en vir haar gesê dat God sy werkende krag, sy heilige gees, gaan gebruik om haar geboorte te laat gee aan ’n seun, hoewel sy ’n maagd was. Hierdie seun sou die langbeloofde Koning word, die een wat vir ewig sou heers! Hierdie kind sou God se eie Seun wees, wie se lewe deur God oorgeplaas sou word van die hemel na die baarmoeder van Maria.


Maria het hierdie ontsagwekkende toewysing nederig aanvaar.



No comments: