Monday 19 December 2016

Maria vertel vir Josef van haar swangerskap. ♡







Maria vertel vir Josef van haar swangerskap.  
 

• Maria is swanger maar nog nie getroud nie ...
(Matteus 1:18-25, Lukas 1:56)
• Josef hoor dat Maria swanger is
 

Maria is in die 4de maand van haar swangerskap. Sy het die vroeë gedeelte van haar swangerskap spandeer by haar familie, Elisabet en Sagaria, in die heuwels van Judea in die Suide. Maar nou het Maria teruggekeer na Nasaret. Hier sal haar swangerskap gou algemene kennis word. Stel jou net voor hoe stresvol die situasie vir haar moet wees!
 
En wat dinge nog erger maak is dat Maria verloof is aan ‘n plaaslike skrynwerker, Josef. En sy weet dat ooreenstemmend met God se Wette vir Israel, ‘n vrou wat verloof is aan een man maar binne haar wil ‘n seksuele verhouding het met ‘n ander man gestenig moet word tot die dood. (Deut. 22:23, 24). Gevolglik, al was Maria nie immoreel nie, wonder sy *hóé* sy haar swangerskap aan Josef kan verduidelik en wat dan gaan gebeur.
 
Maria was weg vir drie maande, en dit dit is te verstane dat hy angstig is om haar te sien. Toe hulle ontmoet vertel Maria hom van haar situasie en probeer haar bes om aan hom te verduidelik dat haar swangerskap uit God se Heilige Gees is. Jy kan jou tóg voorstel, hóé moeilik dit vir Josef moes wees om dit te verstaan en te glo.
 
Josef wéét dat Maria ‘n goeie vrou is met ‘n edel reputasie en hy het haar ínnig lief. Tog, nieteenstaande wat sy sê, voel Josef dat sy alleenlik swanger kon raak by ‘n ander man. Hy wil nie hê dat sy gestenig moet word tot die dood of verneder moet word voor almal nie; daarom besluit hy in sy gedagte om in die geheim van haar te skei. In daardie dae, is verloofdes beskou as getroud en ‘n egskeiding was nodig om so ‘n verhouding te beëindig ...


Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!






No comments: