Monday 19 December 2016

Maria word Josef se vrou ♡







Maria word Josef se vrou


Met al hierdie dinge in gedagte het Josef aan die slaap geraak.  Daarop verskyn ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: “Moenie huiwer om voort te gaan met jou huwelik met Maria nie.  Die Kindjie wat sy dra, is verwek deur die Heilige Gees.  Sy sal aan ‘n Seun geboorte gee, en jy moet Hom JESUS noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes red.”

Dit alles het bebeur om die Here se boodskap deur die profeet te laat uitkom:

“Die maagd sal swanger word!  Sy sal aan ‘n Seun geboorte gee.  En die mense sal Hom Immanuel noem.”  (Hierdie naam beteken:  God is by ons.)

Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het.  Hy het Maria as sy vrou by hom in die huis geneem, maar hy het nie intiem met haar verkeer totdat haar Seun gebore is nie. En hy het Hom Jesus genoem.


Matteus 1:20-24  (Nuwe Lewende Vertaling)



 Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




.
 


No comments: