Monday 19 December 2016

Maria se Loflied ♡









Maria se loflied




46 Maria het geantwoord:  “Ek prys die Here.
47 Ek juig in God my Verlosser!
48 Want Hy het omgesien na sy nederige diensmeisie,
en nou sal geslag na geslag my geseënd noem.
49 Want Hy, die magtige Een, het groot dinge vir my gedoen.
Heilig is sy Naam!
50 Sy ontferming strek van geslag tot geslag oor almal wat Hom eer.
51 Sy kragtige arm doen geweldige dinge!
Hy verstrooi die trotse en hooghartige mense!
52 Hy het prinse onttroon en nederiges verhef.
53 Hy het dié wat gebrek ly, met goeie dinge versadig,
en die rykes met leë hande weggestuur.
54 Hy het sy dienaar Israel gehelp!  Hy het nie sy belofte vergeet
om ontferming te bewys nie.
55 Want Hy het ons voorvaders beloof – vir Abraham en sy kinders –
om vir altyd goed te wees teenoor hulle.”
56 Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly en toe is sy huis toe.


Lukas 1:46-56 Nuwe Lewende Vertaling


  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!


No comments: