Monday 8 April 2013





GODS  PLAN

Ek weet wat Ek vir julle beplan het, sê die Here:  voorspoed en nie teenspoed nie;  Ek wil vir julle ‘n toekoms gee.  -  Jer  29:11

Ek weet dat Gods plan vir my goed is.  As ‘n probleem in my lewe opdoem, sien ek dit as ‘n geleentheid tot verdere groei, in plaas van ‘n probleem.

Ek mag geneig wees om my lewe in dele sien, met op en af tye.  Maar ek weet dat die patroon van my lewe geskoei is op Gods plan van goedheid vir my.

Dit is veral  belangrik om die mense en omstandighede wat my probleme gee, te seën.  As ek ‘n gewoonte daarvan maak om alles in my lewe met ‘n seën te benader, baan ek die weg vir die krag van Christus om oor te neem.  Deur elke uitdaging word ek al hoe meer bewus van Sy liefde in my en om my – van die werkinge van Sy krag in my en om my.

God het ‘n plan met my lewe, en as ek my elke dag in gebed voorberei om Hom te volg, sal Hy my lei volgens Sy plan,  Hoe bly en dankbaar maak hierdie wete my nie!

Gebed:  Lei U my Heer, volgens U goeie plan vir my.

~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: