Thursday 23 January 2014





BID  VIR  JOU  GELIEFDES


Here my God, vir altyd sal ek U loof!  - Ps. 30:13


In plaas daarvan om snags wakker te lê of bedags rond te loop van bekommernis oor my geliefdes wat in nood of siekte verkeer, wend ek my tot God, en plaas elkeen van hulle in Sy liefdevolle sorg.  Deur dit te doen, kom daar rus en vrede in my gemoed, want ek weet niks wat nie tot hulle heil is, kan staande bly voor God se lig, liefde en krag, aan die werk binne-in hulle en rondom hulle nie.

“Dierbaarste Here Jesus, dankie dat  ek nou elkeen só ná-aan my hart in U liefdevolle en troue sorg kan plaas.  Ú weet wat hulle nodig het, nog voordat ek vra, en in Ú alwysheid sal net dit wat reg en goed is vir hulle, op hul pad geplaas word.

Wees Ú die krag wat hul ophef en genees in hierdie tyd van siekte en nood, wees Ú die liefde wat vertroos en die seer minder seer maak, wanneer hul hart gebroke en hul oë vol trane is, en wees Ú die lig wanneer hulle verward is en nie meer herwaarts of derwaarts weet nie.  Wees Ú die helder lig wat hulle lei en beskerm waar hulle ookal mag wees, gaan of werk, sodat niks wat nie tot hul heil is nie, op hul weg mag kom nie.

Dankie dierbare Vader, vir die rus in my gemoed, wetend dat my geliefde nou veilig in U sorg is.”


Gebed:  In Ú sorg,  Heer, plaas ek nou my geliefde!


~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: