Tuesday 21 January 2014





~
(¯`´¯).*

`*.¸.* ´* My Liefste Prinses,¸¸.·´¯`

´¯*`
¸¸.·´¯`

Jesus sê vir jou jy moet vaste geloof hê ........................


En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.  -  Jak.  1:4



Soms wanneer dit voel asof jou hele lewe om jou in flarde lê, is al wat jou staande hou jou geloof.


Jou geloof is in God en in Sy almag, waarteen geen duisternis ooit staande kan bly nie.


Jou geloof is in God en Sy geregtigheid, wat sal toesien dat niks wat joune is van jou af weggeneem kan word nie.


Jou geloof is in God en Sy lewegewende krag wat enige ongesteldheid na liggaam of gees kan en sal genees.


Jou geloof is in God en Sy liefde wat altyd vir jou sa sê:  “Ek is hier”, hoe alleen en verlate jy ookal mag voel.


Jou geloof laat jou rus in God se ewige Vaderarms wat altyd onder jou is om jou te onderskraag.



✝ Ek glo in God en in Sy almag 







1 comment:

Anonymous said...

Dankie Vader dat u nooit van my sal vergeet.AMEN