Monday 20 January 2014





My liefste Prinsie en Prinsessie,



Liewe Jesus sê vir jou vandag dat jy vir ander mense moet bid ......



Ons dank God altyd vir julle almal wanneer ons in ons gebede aan julle dink.  -  1 Tess. 1:2



As iemand wat baie naby aan jou, soos jou mamma, pappa, boetie of sussie of ouma en oupa, vir jou sou vra:  “Hoe lief het jy my?”  Wat sal jy doen?  Jy sal dalk sê: “Met my *HELE* hart!”

As dit dalk jou boetie, sussie of maatjie vir wie jy baie lief is, mag hy of sy dalk jou armpies wawyd oopmaak en vir jou ‘n stywe drukkie gee en sê,  “SO baie ... en nog baie, baie meer!”

Daar is baie ander maniere hoe jy met woorde en klein dingetjies wat jy doen jou liefde aan iemand anders kan wys. Vra vir mamma of pappa om vir jou te vertel van al die ander maniere hoe jy liefde kan wys en gee aan mense om jou.

Die heel belangrikste en opregste liefde wat daar is, is egter om te bid vir iemand vir wie jy baie lief is of omgee of sommer maar net vir mense om jou, ja ook vir die boemelaar met die stukkende klere op die winkel se stoep. Want dan doen jy die grootste liefdesdaad wat daar is, deur net met Koning Jesus daaroor te praat.  Daar is geen groter manier van liefde om aan iemand te wys hoe baie jy lief is vir hom of haar of omgee nie!

Bid enige tyd vir iemand vir wie jy lief is.  Wanneer hy of sy probleme het om in die nood is, maar ook wanneer jy jou blydskap wil deel met iemand.  Die beste “Iemand” is Jesus!  Wat ‘n groot voorreg is dit net nie!



✝  Ek is lief vir jou en sien Jesus se lig om jou skyn  




No comments: