Sunday 19 January 2014





GELOOF


Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê!” -  Mark.  11:22


Jesus het gesê ons moet geloof in God hê, en omdat gebede die boustene is van geloof, en ons geloof nou  so bitter nodig het, laat ons saam bid:

“Hemelse  Vader, ons glo in U!  Ons glo in die magtige werke van U lig, U liefde en U krag in ons en om ons.  Ons glo waar U in beheer is sal alles ten goede meewerk, daarom plaas ons nou alles wat ons aangaan in U bekwame Vaderhande.

Hemelse Vader, ons glo in U!  Maak ons oë oop sodat ons U werke kan sien in ons en om ons.  Maak ons harte oop, Heer, en vul dit met U troue liefde, sodat ons mildelik daarvan kan gee waar en wanneer nodig.  Maak ons sterk in die krag van U mag, Heer sodat ons vreesloos en met vaste tred kan voortgaan op ons pad van lig.

Hemelse Vader, hoe heerlik om so te kan glo.  Ons hoef net om ons te kyk om die wonder van U werke te sien, en te glo U is nog altyd daar – U is nog in beheer van ons elkeen se lewens.  Dankie, dankie, Dierbare Vader!”


Gebed:  In U Heer, glo ek met my hele hart en wese!


~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: