Sunday 26 January 2014





LIG


Wie My volg ... sal die lig hê wat lewe gee.  -  Joh. 8:12


Ek word stil, diep in my diepste heiligdom, en in hierdie oomblik van stílle bepeinsing stroom Ú lig my gedagtes binne – stroom Ú liefde my hart binne – neem Ú krag oor, en ‘n helder stroom van Lig en Liefde straal ín en déúr my héle wese.

Elke liggaamsdeel word nou hélder verlig, en ek staan op, ‘n strálende Ligwese wat Lig bring waar ek is en wáár ek ookal mag gaan, wat met liéfde en mensedeernis reageer op élke behoefte wat onder my aandag mag kom, en met krag optree waar en wánneer nodig.

In Ú krag dierbare Heer, staan ek nou op, en saam is ons ‘n reinigende vlam wat álles uitwis wat nie van die lig is nie, en die leemtes wat so gelaat word, vul met dit wat Ú is in my!

Ú omskep my in ‘n magtige Boodskapper van Ú Lig – Ú onderskraag my met U Leërskare van Engele, sodat ek sterk genoeg kan wees om onwríkbaar en suksésvol vas te staan voor énige sinistêre mag.


Gebed:  Ú volg ek, Heer, élke dag!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: