Friday 24 January 2014






TROOS


Ek sal geen onheil vrees nie;  want U is met my:  U stok en U staf dié vertroos my.   Ps.  23:4 (OV)


My dierbare Heer vertróós my.   Hy is my krág en my stérkte, my vréde en wýsheid, te álle tye en onder álle omstandighede.  Sélfs al gaan ek deur ‘n báie groot uitdaging, ook dáár sal Sy seëninge my pad verlig, en ek weet verséker, álles dien slegs tot my hóógste heil.  Hy is met my, élke tree van die weg waarop ek my mág bevind.

As die pyn báie diep is en die teleurstelling báie groot, en ek smag na ‘n plekkie van stilte  waar ek net ‘n biétjie kan rus – is Hy dáár!   Hy wéét van die seer, Hy verstáán die teleurstelling, en in sy liefde vóú Hy my toe.

Sag en teer hoor ek Sy stem diép  in my wese:   “Kom my geliefde kind, kom sit hier bý My – laat My toe om jou wonde te genees met My salf van liefde, om al jou seer te verság met My lig wat wysheid en begrip bring, om met My krag ook jóú krag tot oorwinning te wees.  Kóm, sit net hiér by My.”

“Dankie, Hemelvader.   Ek wéét nou – géén seer is te groot, géén teleurstelling te diep, géén uitdaging te duister, voor Ú heerlikheid, liéfde en líg nie!   Dánkie, dánkie, Vader!”


Gebed:  Dankie Hemelse Vader, vir die rus wat net Ú kan gee.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: