Friday 24 January 2014





TEMPEL VAN GOD



Die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.  -  1 Kor. 3:17



Die tempel van God is heilig en dit is ek!   Wat ‘n grootse gedagte van Paulus – dit maak mens skoon bang!   Dit is waarom ons dit maar liewer heeltemal ignoreer – hoe kan ons, die mense van hierdie wêreld, nou heilig wees – en tog – Christus woon in ons!  Dus kán ons sê:

“Ek is die een krag en die een Teenwoordigheid wat oorgeneem het in hierdie liggaam, besig om dit te omskep in ‘n stralende Tempel van God, met Lig só helder in ons gedagtes, Liefde só innig en diep in my hart, met al die Krag wat my tot alles in staat stel tot my beskikking tot ek waarlik hierdie liggaam kan omskep in ‘n volwaardige tempel van God.”

Dankie, Heer, want dit is Ú wat my maak wat ek is in Ú heerlikheid, liefde en lig.   Hou net my hand elke dag stewig vas, sodat ek nie voor die geringste negatiwiteit wat onder my aandag kom, weer optree soos iemand in wie die Heilige Tempel nog toegerank is onder al die onkruid en dorings wat nie daar hoort nie!   Maak my tempel heilig, dierbare Heer!



Gebed:  Die Tempel van God is Heilig, en dit is ek!



~ Uit Daelikse Woord ~






No comments: