Thursday 30 January 2014





HELP  ANDER  DEUR  GEBED


“Here, help my” ...   “o Vrou, groot is jou geloof;  laat dit vir jou wees soos jy wil hê.”  -  Matt.  15:25, 28 (OV)


Die manier waarop ons soms iets sê, of die omstandighede waaronder ons dit sê, gee groot betekenis aan dit wat ons sê.

Ons mag byvoorbeeld vriendelik aan tafel sê: “Help jouself.”   Of aan die ander kant weer mag ons sag en ferm, uit die diepte van ons siel, vir iemand wat van ons afhanklik of terneergedruk is, sê:  “Help jouself!!”

Maar hoe kan mense hulself help as hul wêreld om hulle in duie stort en hulle op moedverloor se vlakte sit?   In ons poging om hulle te help, is die heel beste manier om hulle in ons gebed op te dra aan God.  Ons bid dat Christus in hulle in al Sy glorie sal deurbreek, om hulle te onderskraag en te lei – kan enigiemand groter hulp as juis dit kry?

Ons kan as volg bid:  “Dierbare, Christus werk ín jou en óm jou.  Hy sál jou paaie wéér gelyk maak.”  Dié geestelike voedsel wat ons só aan ons geliefdes bied, sal hul lei tot oorwinning.


Gebed:  Dierbare, laat God jou help!


~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: