Thursday 23 January 2014





TROOS


Wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar.  -  Ef.  4:32  (OV)


Die deernis en begrip waarmee die Heer van my hart my altyd benader, is ook die deernis en begrip waarmee ek ander om my benader, want sy liefde heers in my hart.   Die vriendelikheid en genade wat Hy teenoor mý openbaar, is ook die vriendelikheid en genade wat ék teenoor andere moet openbaar.  Ek is oop, en o, só gewillig, om die wonder van sý kosbare liefde nie net vir myself te hou nie, maar óók teenoor andere uit te leef.

Jesus het immers vir die mens ‘n nuwe gebod gegee – ons moet mekaar liefhê, het Hy gesê.  Hý het vir ons gewys hoe ons Gods liefde in ons hart ten vólle moet uitleef teenoor ons naaste, en met my héle hart en siel volg ek Hom.

“Lê Ú die woorde in my mond dierbaarste Heer, wanneer iemand met ‘n stukkende hart mý hand in syne neem.  Wees Ú die deernis wat ‘n ander toevou in mý arms Heer.  Wees Ú die woorde wat heel – die stilte wat rus in ‘n uitgeputte siel se hart en vrede in sy gemoed bring.  Wees Ú die lig-bring liefde in mý hart, dierbaarste Heer van my hart!”


Gebed:  Wees Ú die ligbring-liefde in my hart, Heer!


~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: