Monday 20 January 2014





My Liefste Prinses,


Die Here sê vir jou vandag ..........


In die Here is julle lig.   Leef dan as mense van die lig.  -  Ef. 5:8


Elke dag is ‘n baie spesiale dag as jy dit maar net ‘n ligte aanraking gee.  Dis ‘n dag wat jy kan seën met die lig van van ons Hemelkoning – die ware lig wat skyn in die duisternis – wat misverstand, hartseer en onmin uit die weg ruim en mense inspireer om reg op te tree teenoor mekaar.

Met die lig wat in jou en om jou skyn, is daar vrede in jou gemoed.  Jou verstand is helder en jy lewer jou heel beste.  Jy sien net die  en mooi, positiewe en goeie in elke mens rondom jou en elke uitdaging raak.  In stilte seën jy alles waarvoor jy te staan kom, en oorhandig dit vol vertroue aan God vir lig en wysheid.

Jy gee die ligte aanraking van God se liefde, lewensvreugde en entoesiasme aan elkeen met wie jy in aanraking kom.  Elke oomblik van elke dag dra jy op aan die lig van God se liefde en sorg.  Die ligte aanraking bring lig in alles rondom jou.  Dit is ‘n wonderwerkende krag in en om jou, en laat jou leef soos dit ‘n prinses van ‘n Hemelkoning betaam om te leef.



Ek gee alles in my lewe ‘n ligte aanraking



No comments: