Saturday 1 February 2014





LEIDING


Loof die Here, o my siel.  -  Ps 146:1  (OV)


Nóóit kan ons die Here genóég loof en dank vir sy wónderlig op ons wónderpad van lig nie, en tóg – skielik op die onmoontlikste tyd gebéúr daar iets in ons lewe, en ons láát toe dat dáárdie gebeure, óf iemand óf situasie, ons hééltemal van balans af gooi, en ons vergéét om ons loflied te sing!

Maar dán onthou ek – élke uitdaging is eintlik ‘n splinternuwe gelééntheid vir ons om geestelik verder te groei, en ek word stil in ootmoed voor die Heer van my hart ...   My gebéd raak die vlam van Chrístus binne-in my aan, en hélderder en hélderder word hierdie lig ... My bréin word daardeur verlig, my hárt word daardeur verlig, en dit skyn al hoe hélderder in my, en ook deur my en om my!  ‘n Báán van lig skyn voor my uit op die pad wat ek moet volg, en my gebed verander in ‘n líéd van lof:  “Lóóf die Here, ó my siel!”

Dankie, dierbáárste Heer van my hart, dat Ú áltyd maar áltyd daar is vir my.  Mag ek dit élke oomblik van élke dag onthou, sodat ek nóóit U helderverligte pad byster raak nie.  Ek wéét nou – met my héle wese weet ek:  “Gód sien daarna om.”  Wát ookal die uitdaging of wát ookal die probleem!


Gebed:  Lóóf die Here, ó my siel, want Hý lei my!


~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: