Saturday 1 February 2014





STERK  EN  VOL  MOED


Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie, want die Here jou God is met jou oral waar jy heengaan.  -  Josua 1:9 (OV)


Dankie Dierbare Heer vir Ú beskerming deur die eerste maand van die nuwe jaar wat verby is en ook dat U dáár gaan wees vir ons in hiérdie nuwe maand wat nou weer op ons wag.  Ek weet verséker Heer, ek wándel in U lig en ek lééf in U lig.  Ek is séker van U beskerming.  Ek weet wáár ek ook al gaan, dat U dáár is, en wát ek ook al doen, Ú my krag en hulp is.  Te álle tye en op álle plekke is U mét my – dit wéét ek!

Báie dankie dat U my huis seën en beskerm deur Ú kosbare liefde.  Dankie dat my geliefdes, wáár hulle ookal is, gelei en onderskraag word deur Ú liefde.

Ek het géén vrees nie, want ek weet Ú is met my.  Ú lig skyn in my hart en inspireer my met moed en vertroue.

Liewe Heer, ek wandel in Ú lig en al my weë is gelyk, gelukkig en suksesvol.  Ek lewe in Ú lig en ek is sterk, gesond en geniet elke oomblik van hierdie mooie dag!


Gebed:  Ek is stérk en vól moed!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: