Saturday 1 February 2014





DIE  EWIGE  NOU


Dit is die dag wat die Here gemaak het;  laat ons daaroor juig en bly wees.  -  Ps. 118:24


Gister is verby en môre bestaan nóg nie.   Die tyd het nóú aangebreek om die verlede met ál sy foute, mislukkings en teleurstellings, uit te wis.

Nóú is die aangewese tyd om al die móóntlikhede wat die lewe my bied in oënskou te neem, en nuwe mikpunte daar te stel.  Nóú is die aangewese tyd om te wees, te hê en te doen – om die negatiewe uit te wis en die pósitiewe te beklémtoon.  Nóú is die aangewese tyd vir my om my gedagtes te suiwer van álle verkeerde gedagtes.   Nóú is die aangewese tyd vir my om my beste self te wees.

Nóú is die aangewese tyd vir my om Gód te dien.   Nóú is die aangewese tyd vir my om te vergewe, om ‘n beter vriend te wees, en God te dank vir die óórvloed van seëninge in my lewe.

Ek besef dat daar net die éwige nóú is.   Hierdie oomblik is gevul met geleenthede.   Ek  léwe, bestáán en wérk in God se ontvouende éwige nóú.   Ek kan álles wees wat ek geskape is om te wees.   Nóú is die aangewese tyd vir my om die lewe te geníét!


Gebed:  Vól blydskap leef ek in die éwige nóú!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: