Sunday 2 February 2014






Hemelse Vader,

Ek loof U vir u wonderlike Woord,
u brief aan my waardeur U elke dag met my praat,
my van u liefde verseker,
my leer hoe om te lewe,
en my sondes aan my uitwys.
Gee dat ek met ander oor u Woord sal praat.
Help U hulle dan om u Woord ook lief te hê.
Dankie dat u Woord 'n lig op my pad is
en 'n lamp wat my die weg wys.
Gee dat ek dit in my hart sal bêre,
dat dit my sal vertroos wanneer ek hartseer is,
my moed sal gee wanneer ek moedeloos is en
my sal leer hoe ek U moet loof.
Gee vir my 'n helder insig in u Woord
sodat ek elke dag sal lewe volgens u voorskrifte.
Help my om vas te hou aan u beloftes.
Gee dat my lewe elke dag 'n antwoord op u
Woord sal wees.

Amen 


~ Uit Nina Smit - Dagboek vir die vrou ~

No comments: