Wednesday 4 June 2014





EK IS VEILIG


U is by my.  In U hande is ek veilig. – Psalm 23:4


Wat ‘n groot bevestiging is die woorde van die Psalmis net nie, “In God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie!”

Liewe Heer, ek dank U vir die besef dat U my beskerming, my moed, my hulp, my veiligheid, my voorsiening, my inspirasie, my wysheid, my lewe, my alles is.

Dit sal my nie langer die moed ontbreek om te doen wat ek moet doen nie.  Ek sal nie langer vrees om te gaan waar ek wil gaan nie.  Nie meer sal ek my eie innerlike stem wantrou nie, my eie wysheid, my eie vermoëns, my eie talente nie.

Liewe Heer, ek sal my nie langer as minderwaardig, as minder as ander, as enigiets minder as U volmaakte kind sien nie.

Nie meer sal ek nalaat om U liefde, geluk en blydskap in my en deur my te laat werk en straal nie.

Liewe Heer, nooit weer sal ek vergeet om U te vertrou nie – om my absolute vertroue in U en U alleen te plaas nie.


Gebed:  In U, Heer, stel ek my vertroue.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: